Sou u belangstel in die aankoop of verkoop van uitsoek Suid-Afrikaanse kuns vir versamel of beleggingdoeleindes, in die werke van opkomende jong kontemporêre kunstenaars of uitsoek dekoratiewe kuns vir die opkikker van u huis of kantore met binneversiering, kom maak kennis met een van die voorste kunshandelaars en kenners opdié gebied in die land, en dis nie ydel woorde nie!

In Gauteng was Galery Artistico en sy filiaalmaatskappye soos die Rika Venter Kunsgalery in Randburg, vir meer as veertigjaar vooraanstaande meerdoelige kunshandelaars en diensteverskaffers wat hulle toegelê het op handeldrywe in beleggingswerke, versamelstukke, die werke van jong opkomende kunstenaars; as binneversierders en die voorsiening van dekoratiewe kunswerke vir wonings en kantore. Onder hulle kliënte het getel vooraanstaande beleggers in kuns, gesiene maatskappye en sakelui en gewone huiseienaars wat van goeie en betroubare dienste en kundigheid gebruik wou maak.

Galery Artistico word getel onder die voorste galerye in Suid-Afrika wat handeldrywe in belegging en versamelskilderye van die ou meesters en in kontemporêre kuns van ons voorste jonger kunstenaars. Bykomende bystand en gratis advies word ook gelewe soos: