
Om kuns suksesvol te bemark of rentewerpend daarin te belê en 'n winsgewende beleggingsportefeulje op te bou, is grondige kennis van die kunstenaars en hulle werke noodsaaklik. Met meer as 40 jaar se ervaring in die kunsbedryf om uit te put, staan Galery Artistico en sy bestuur aan die voorpunt as kenners op dié gebied!
Breedweg om te vereenvoudig, deel Galery Artistico kuns in vier kommersiële kategorieë:
Die norme gebruik vir ons indeling word nie hier bespreek nie. Wat wel belangrik is, is om ook die verskillende style waarin geskilder word, soos realisme, impressionisme, ekspressionisme, abstrakte kuns en ander vorms deeglik in ag te neem met die keuse van skilderye vir watter doel ook al.
Met die aankoop van kuns glo Galery Artistico, soos Lockie Parker gesê het:
"Art provides us with a pleasing background which makes living more gracious: It offers a mode of escape from troubles and limitations ... and now and then it gives that particular ecstasy, which is of so priceless a quality that there is no standards by which to measure it; some of these rare emotions is only found in the beauty of art, which redeems life from monotony, triviality and futility." 'n Bekende Engelse digter beaam die woorde van Parker deur by te voeg: "A thing of beauty is, and remains a joy for ever!" Dit geld ook vir goeie dekoratiewe kuns!
Die uitstalling skilderye wat Artistico in sy web-tuiste aanbied, is slegs 'n voorsmaak van wat by die Artistico kunsgalery in George beskikbaar is.Die web-tuiste se uitstalling word gereeld instandgehou deur vernuwing.
Soos Dr Albert Wessels dit gestel het: Dit is belangrik om reuse uit te snuffel, want hulle kruip weg waar jy hulle die minste soek! As u opsoek is na moeilik bekombare beleggingstukke, kontak Galery Artistico, ons snuffel hulle uit – dis ons forte!
Hou die ander dienste van Galery Artistico in gedagte:
Ons is sover van u soos 'n e-posboodskap of telefoon oproep. George is binne 'n ommesientjie vanaf 'n groot lughawe bereikbaar en ons dienslewering oor die hele land per koerier, word binne 24 uur gelewer!